Arm in die gees …

29 Aug

Arm in die gees ….

My keuses is my diepste vryheid ….

15 Aug

My keuses is my diepste vryheid …..

OM TE KAN SKEP IS GENESEND ….

15 Aug

OM TE KAN SKEP IS GENESEND …..

OM TE KAN SKEP IS GENESEND ….

15 Aug

OM TE KAN SKEP IS GENESEND ….

 Die mens is gemaak na die beeld van God.  God is die Skeppergod, uit wie en deur wie alle dinge ontstaan het. Daarom is die mens ten diepste ook ‘n kreatiewe wese wat sy sin en betekenis vind om te skep. Wanneer die mens bloot lewe om te oorleef is hy niks beter as die diere en plante van die natuur nie.  Maar God het aan die mens die besondere gawe gegee om kreatief besig te wees. Wanneer mense intense emosionele pyn ervaar vind hul gewoonlik diepe genesing daarin om “iets te skep”. Daarom het die meeste psigiatriese hospitale elke dag ‘n tydsgleuf waarin pasiënte aangemoedig word om in die kunsklas iets te skep. Dit kan verf, naaldwerk, skryf, krale of enigiets wees wat weer vir hul ‘n gevoel van “sukses” gee. In die meeste mense se alledaagse lewe is hul vasgevang in die sleur van die instandhouding van die lewe dat mense doodgewoon verveeld raak en hul energie vir die lewe verloor. Wanneer jy worstel met min lewensenergie is dit ‘n baie goeie  begin deur die vraag te vra: “ Wat het ek die afgelope dag of week geskep?” Gewoonlik is die antwoord negatief, want instandhouding van die lewe het niks tyd gelaat vir kreatiwiteit nie. Die herstel van lewensenergie begin deur vir jouself duidelike doelwitte te stel om weer jou kreatiewe self te ontdek. Elke mens het ‘n kreatiewe self, want jy is gemaak na die beeld van God. In God se ryke verskeidenheid verskil ons egter in kreatiewe talente. Sommige vind hul kreatiwiteit in naadwerk, houtwerk, krale, skryf, kosmaak, tuinmaak,  skilder, verf, binneshuisversiering, navorsing of enigiets onder die son, wat geboorte gee aan iets nuuts.

Wie leer om te kreatief te skep, skep vir homself nuwe sin en betekenis in die lewe. Kreatiewe energie is positiewe energie, dit genees emosioneel. Gewoonlik sneeubal energie in iets groter, ‘n nuwe JY. Ons samelewing plaas ‘n groot klem op gewigsbeheer, fiksheid, fisiese voorkoms en diëte. Ongelukkig plaas ons min klem op emosionele lewensenergie. Tog is dit dikwels juis ons lewensenergie wat vreugde in die lewe stimuleer en van ons gelukkige mense maak.

Oorleef jy of leef jy ? Skeppende kreatiwiteit laat jou LEEF !

My keuses is my diepste vryheid ….

14 Aug

MY KEUSES IS MY DIEPSTE VRYHEID ….

Hoe meer jy het, hoe meer vrees jy ! Hoe minder jy het, hoe minder vrees jy ! Want sien, as jy baie het, kan baie van jou af weggeneem word. As jy min het, kan jy min verloor en daarom vrees jy minder. Miskien is dit juis die rede waarom armer mense oor die algemeen baie gelukkiger is as ryker mense. Hulle het min om te verloor.

Almal verloor en ervaar verliese op ‘n gereëlde grondslag. Daar is immers ‘n tyd om te ontvang en ‘n tyd om te verloor. Ons besittings, geliefdes, vriende, status, gesondheid, jeugdigheid en nog ‘n klomp ander dinge kan ons verloor. Aan die einde van ons lewe gaan ons in elk geval als verloor. Al wat aan die einde oorbly is die liefde wat God in Jesus Christus vir ons het. Dit kan ons nooit verloor nie. Somtyds verloor ons, selfs ons geloof en begin ons te twyfel. Gelukkig los God ons nooit nie. Hy hou ons vas, as ons nie meer kan vashou aan Hom nie. Christus Jesus is die enigste rots waarop ek my lewe kan bou en die enigste Burg, waarin ek my kan beveilig teen die gevare van die lewe.

Verlies is nie maklik nie. In oorlogstye verloor mense veral baie goed in ‘n kort tydjie. Victor Frankl het as Joodse psigiater in Auschwitzkamp ‘n fyn waarneming gemaak van hoe mense reageer in tye van verlies. Die Jode het alles in die konsentrasiekampe verloor. Hulle het hul vryheid, geliefdes, vriende, gesondheid, besittings, beroepe, besigheide, status in samelewing, hul hoop, hul menswaardigheid en nog ‘n klomp ander dinge verloor. Sommige het selfs hul geloof verloor. In sy boek “Search for meaning” beskryf Frankl hulle menslike reaksies. Sommige het soos “varke” geword en was net ingestel op hul persoonlike behoeftes. Ander het weer soos “engele” geword en die swaarkry het bonatuurlike goedheid in hul na vore laat kom. Hulle was inderdaad soos wandelende engele wat hul persoonlike behoeftes opsy gestoot het, vir die nood van ander. Hulle het gekies om die beste in hulself na vore te laat kom. Hulle het gekies om hul eie persoonlike behoeftes te offer vir beginsels wat baie groter as hulself is. Hulle het gekies om engele te wees. Hulle het gekies om nie soos “varke” op te tree nie.

Frankl vertel in ‘n persoonlike ervaring van hoe ‘n Duise SS wag hom geterroriseer het. Op ‘n stadium het die soldaat Frankl se brilletjies van sy kop afgeslaan en die bril knersend stukkend getrap  met sy soldate stewels. Frank wou woedend word. Toe besluit hy, hy gaan nie vir die soldaat sy sin gee nie. Hy gaan nie vir hom kwaad word nie. Hy gaan wys hy is in beheer. Toe ontdek hy dat ‘n mens se diepste vryheid daarin geleë is dat ‘n mens die keuse het om te kies hoe jy in ‘n bepaalde situasie wil en gaan optree. Dit is jou diepste keuse en niemand kan hierdie VRYHEID van jou af wegneem nie.

Frank skryf dat ook die Duitse wagte verskillend opgetree. Party het ook soos “varke” opgetree en vernederend teenoor die Jode opgetree. Sommige wagte het weer soos “engele” opgetree en geweldig baie gedoen vir die Joodse gevangenisse. Sommige het selfs hul kos met die Jode gedeel. So was die “bad” en en die “good” aan albei kante gewees. Persoonlike keuses het bepaal of jy “good” of “bad” is.

Op die ou end, is en word mense hulle keuses. Jou keuses vertel watter tipe mens jy is en die tipe mens wat jy wil wees. Hierdie vryheid om te kies wie jy wil wees, kan niemand van jou af wegneem nie. Nie, eers jou grootste vyand nie !

Hello world!

2 Mar

Welcome to WordPress.com. After you read this, you should delete and write your own post, with a new title above. Or hit Add New on the left (of the admin dashboard) to start a fresh post.

Here are some suggestions for your first post.

  1. You can find new ideas for what to blog about by reading the Daily Post.
  2. Add PressThis to your browser. It creates a new blog post for you about any interesting  page you read on the web.
  3. Make some changes to this page, and then hit preview on the right. You can always preview any post or edit it before you share it to the world.